Galappel
Voorkoms
Galappels,[1][2] galneute of bloot gal (van die Latynse galla, "eikappel") is 'n neutvormige groeisel aan die uitwendige weefsel van plante. Dit is abnormale groeisels,[3] soortgelyk aan goedaardige gewasse of vratte by diere. Dit word deur verskeie parasiete op plante veroorsaak: van virusse, fungusse en bakterieë tot ander plante, insekte en myte. Galppels is sulke hoogs georganiseerder strukture dat hulle oorsaak vasgestel kan word sonder dat die agens geïdentifiseer is.
Die bestudering van plantgal is bekend as sesidiologie.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Galappel" (Internetwoordeboek). HAT. viva-afrikaans.org. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ "Galappel" (Internetwoordeboek). WAT. viva-afrikaans.org. Besoek op 23 Julie 2025.
- ↑ "gall(4)". Merriam-Webster Online Dictionary. Besoek op 16 November 2007.
an abnormal outgrowth of plant tissue usually due to insect or mite parasites or fungi and sometimes forming an important source of tannin
Skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Galappel.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.