Gaan na inhoud

Hugo Boss

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hugo Boss AG
Image
Image
Tipe Publieke maatskappy
Gestig 1924
Hoofkantoor Metzingen, Baden-Württemberg, Duitsland
SleutelpersoneMark Langer (hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMode-, kleinhandelbedryf
ProdukteKlerasie
InkomsteImage € 2,81 miljard (2015)
Werknemers13 764 (2015)
Webwerfhugoboss.com

Hugo Boss AG is 'n Duitse mode-onderneming en -etiket wat sy hoofkwartier in Metzingen in die deelstaat Baden-Württemberg het. Die maatskappy, waarvan die aandele op die MDAX-indeks vir middelgroot ondernemings genoteer word, vervaardig mode, leerprodukte en bybehore vir here, dames en kinders wat wêreldwyd in sy eie asook vreemde modewinkels verkoop word. Fyngeure en ander produkte word deur konsessienemers bemark. Boss en Hugo Boss word onder die bekendste Duitse mode-etikette gereken.