Douala
| Kaart | Wapen |
| Vlag | |
| Land | |
| Streek | Littoral |
| Koördinate | 04°03′00″N 09°42′00″O / 4.05000°N 9.70000°O |
| Stigting | 1650 |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 923 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 13 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2025) | 3 816 500 |
| - Bevolkingsdigtheid | 4 130/vk km |
| Tydsone | UTC+1 |
| Burgemeester | Roger Mbassa Ndine |
| Amptelike webwerf | |
Douala is die grootste stad van Kameroen nog voor die hoofstad Yaoundé met 'n oppervlakte van 923 km² en 'n bevolking van 3 816 500 in 2025. Douala is Kameroen se ekonomiese hoofstad en ook die hoofstad van die Kameroense Littoral-streek. Douala huisves beide Sentraal-Afrika se grootste hawe en internasionale lughawe, Douala Internasionale Lughawe, waarmee dit die kommersiële en ekonomiese hoofstad van Kameroen en die hele CEMAC-streek is wat bestaan uit Gaboen, Republiek die Kongo, Tsjad, Ekwatoriaal-Guinee, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Kameroen. Gevolglik hanteer dit die meeste van die land se groot uitvoere, soos ruolie, kakao, koffie, hout, metale en vrugte. Die stad is aan die monding van die Wouririvier geleë en dit het 'n tropiese klimaaat.[1][2]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]

Die eerste Europeërs wat die gebied besoek het, was die Portugese in ongeveer 1472. Destyds was die riviermonding van Wouririvier bekend as die Rio dos Camarões (Rivier van garnale). Teen 1650 het hier immigrante 'n stad gestig en gesê dat hulle uit die Kongo afkomstig was en die Duala-taal gepraat het. Gedurende die 18de eeu was dit die middelpunt van die transatlantiese slawehandel. Teen 1826 blyk Douala uit vier verskillende dorpe te bestaan, naamlik die dorpies Deido, Akwa, Njo en Hickory-stad.
Tussen 1884 en 1895 was die stad 'n Duitse protektoraat. Die koloniale politiek fokus op handel en 'n mate van verkenning van die onbewoonde gebiede. In 1885 organiseer Alfred Saker die eerste sending van die Britse Baptistekerk. In dieselfde jaar is die stad in Douala herdoop en was tot in 1902 die hoofstad van die gebied, toe die hoofstad na Buéa verskuif is. In 1907 is die Ministerie van Kolonies gestig en Douala het 'n bevolking 23 000 burgers gehad.
Na die Eerste Wêreldoorlog in 1919 het die Duitse koloniale gebiede Franse en Britse protektorate geword. Frankryk het 'n mandaat ontvang om Douala te administreer. 'n Verdrag is met die plaaslike hoofmanne onderteken. Van 1940 tot 1946 was Douala die hoofstad van Kameroen. In 1955 het die stad 'n bevolking van meer as 100 000 gehad.
In 1960 het Kameroen onafhanklikheid verkry as 'n federale republiek met sy hoofstad in Yaoundé, terwyl Douala die belangrikste ekonomiese stad geword het. In 1972 word die federale republiek 'n eenheidsstaat. Douala het toe 'n bevolking van ongeveer 500 000 gehad.
In die 1980's het die stryd om liberalisering en veelparty-demokrasie in Kameroen gegroei. Tussen Mei en Desember 1991 was Douala in die middel van die burgerlike ongehoorsaamheidveldtog wat die spookstad-operasie (ville-morte) genoem is, waartydens ekonomiese aktiwiteite gesluit het om die land onregeerbaar te maak en die regering te dwing om multipartitisme en vryheid van uitdrukking toe te laat.[1][3][4][2]
Internasionale lughawe
[wysig | wysig bron]Die lughawe van die stad heet die Douala Internasionale Lughawe.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- 1 2 (en) "Douala". Encyclopædia Britannica. Besoek op 2 Desember 2025.
- 1 2 (fr) Diwouta-Kotto, Danièle (2010). Suites architecturales: Kinshasa, Douala, Dakar. Épinal: Association VAA, bl. 42.
- ↑ (en) Notes from Richard Mother Jackson published in R.-P. Bouchaud 1948 and 1952.
- ↑ (en) Mark Dike DeLancey, Mark W. Delancey, Rebecca Neh Mbuh, Historical Dictionary of the Republic of Cameroon, Rowman & Littlefield, USA, 2019, bl. 176
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met Douala. |
- (en) Toerisme-inligting oor Douala op Wikivoyage
- (en) "Douala". Encyclopædia Britannica. Besoek op 2 Desember 2025.


