Gaan na inhoud

Negros

Negros
Inheemse naam: Pulo sa Negros / Pulo ng Negros
Berg Canlaon op Negros
Berg Canlaon op Negros
Geografie
Image
LiggingSuidoos-Asië
Koördinate10°3′N 123°1′O / 10.050°N 123.017°O / 10.050; 123.017
ArgipelVisayas
Oppervlakte13 309,6 vk km
Hoogste puntKanlaon 2 465 m
Administrasie
Vlag van Filippyne Filippyne
ProvinsiesImage Negros Occidental

Image Negros Oriental

Grootste stadBacolod (561 875)
Demografie
Bevolking4 414 131
BevolkingsgroepeVisayans (Hiligaynons en Cebuanos)

Negros (Spaans vir: "swart"; Cebuano: Pulo sa Negros; Tagalog: Pulo ng Negros) is die vierde grootste eiland van die eilandnasie Filippyne, na Luzon in die noorde, Mindanao in die suide en Samar in die ooste. Dit is in die middel van Filippyne geleë en behoort tot die eilandgroep Visayas. Negros grens in die suidweste aan die Sulusee, wat tot die Stille Oseaan behoort.

Image
Vlag van die kortstondige Republiek Negros (1898–1899)

Negros beslaan 'n oppervlakte van 13 309,6 km² en het 'n bevolking van 4 414 131 in 2015 gehad. Net suid is die eiland Mindanao geleë.

Tydens die Filippynse Rewolusie (1896–1898) het die bevolking van Negros in opstand teen die Spaanse koloniale bewind gekom en die kortstondige Republiek Negros gestig. Tydens die daaropvolgende Spaans-Amerikaanse Oorlog in 1898 is die hele Filippyne egter deur die Verenigde State geannekseer.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Negros.
  • (en) Toerisme-inligting oor Negros op Wikivoyage
  • (en) "Negros". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 April 2020.