Tijuana
Voorkoms
| Kaart | Wapen |
| Vlag | |
| Land | |
| Deelstaat | |
| Koördinate | 32°32′N 117°03′W / 32.533°N 117.050°W |
| Gestig op | 11 Julie 1889 |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 637 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 20 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2020) | 1 810 645 |
| - Bevolkingsdigtheid | 2 832,5/vk km |
| - Metropolitaanse gebied | 2 157 853 |
| Tydsone | UTC -8 (PST) |
| Somertyd | UTC -7 (PDT) |
| Klimaat | |
| - Tipe | Subtropiese klimaat |
| - Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 17,8 °C |
| - Gem. temp. Januarie/Julie | 13,6 / 22,2 °C |
| - Gemiddelde jaarlikse neerslae | 230,9 mm |
| Burgemeester | Ismael Burgueño |
| Amptelike Webwerf | tijuana.gob.mx |
Tijuana (Spaans: [tiˈxwana], ) is die grootste stad van die Meksikaanse deelstaat Baja California en is op 11 Julie 1889 deur Santiago Argüello gestig. Die stad het 'n bevolking van 1 810 645 en van 2 157 853 in die metropolitaanse gebied San Diego/Tijuana in 2020 gehad met 'n oppervlakte van 637 km².


Tijuana is geleë naby die skiereiland Neder-Kalifornië aan die grens met die Amerikaanse deelstaat Kalifornië suid van die susterstad San Diego en aan die Stille Oseaan in die weste.
Die stad is 'n belangrike plek vir Amerikaanse Vlootmatrose en toeriste uit San Diego weens sy historiese plekke en strande. Tijuana is dan ook berug vir onwettige dwelmhandel en prostitusie. Die stad word ook deur die dwelmoorlog in Meksiko geteister.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tijuana.- (en) Toerisme-inligting oor Tijuana op Wikivoyage
- (es) Amptelike webwerf
- (en) "Tijuana". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 Junie 2026.


