What/If
| What/If | |
| Genre | Riller |
|---|---|
| Geskep deur | Mike Kelley |
| Met |
|
| Oorsprong | VSA |
| Taal | Engels |
| Aantal seisoene | 1 |
| Aantal episodes | 10 |
| Uitvoerende vervaardiger(s) |
|
| Vervaardiger(s) | Stephen Sassen |
| Kinematografie | Jeffrey C. Mygatt |
| Produksiemaatskappy |
|
| Verspreider | Netflix |
| Uitsending | |
| Oorspronklike lopie | 24 Mei 2019 |
What/If is 'n Amerikaanse rillerminireeks vir televisie wat deur Mike Kelley geskep en op 24 Mei 2019 op Netflix begin wys het.[1] Van die akteurs is Renée Zellweger, Jane Levy, Blake Jenner, Daniella Pineda, Keith Powers, Samantha Marie Ware, Dave Annable, Saamer Usmani, John Clarence Stewart en Louis Herthum.
Opsomming
[wysig | wysig bron]What/If is 'n a neo-noir-riller wat volgens Deadline Hollywood se Nellie Andreeva die rimpeleffek ondersoek van "wat gebeur wanner aanvaarbare mense onaanvaarbare dinge begin doen".
Hoofakteurs
[wysig | wysig bron]- Renée Zellweger as Anne Montgomery, 'n waagkapitaalfinansier in San Francisco.[2]
- Jane Levy as Lisa Ruiz-Donovan, die hoof- uitvoerende beampte en stigter van 'n biotegniese vonkmaatskappy, Emigen Molecular Sequencing.
- Blake Jenner as Sean Donovan, Lisa se man, 'n voormalige gooier van die San Francisco Giants, wat nou werk as 'n mediese noodtegnikus.
- Keith Powers as Todd Archer, Sean se beste vriend sedert sy hoërskooldae en 'n medewerker.
- Samantha Marie Ware as Angela Archer, Todd se vrou en 'n mediese dokter wat 'n affair met dr. Ian Evans het.
- Juan Castano as Marcos Ruiz, Lisa se broer en 'n advokaat.
- Dave Annable as dr. Ian Evans, 'n hoofchirurg, wat 'n affair met Angela Archer het.
- Saamer Usmani as Avery Watkins, hoof van operasies by Emigen.
- Daniella Pineda as Cassidy Barrett, Lisa se beste vriendin en die hoof- finansiële beampe by Emigen.
- John Clarence Stewart as Lionel, Marcos se kêrel en 'n eiendomsmakelaar.
- Louis Herthum as Foster, Anne se regterhand.
Ontvangs
[wysig | wysig bron]Op Rotten Tomatoes het die reeks 'n goedkeuringsyfer van 42%, gebaseer op 33 resensies, met 'n gemiddelde punt van 5,35/10. Volgens die webtuiste se konsensus "kan die waansinnig heerlike toneelspel van Renée Zellweger nie What/If van sy middelmatigheid red nie, maar sjoe, is dit lekker om na haar te kyk."[3] Op Metacritic het dit 'n punt van 58 uit 100 gekry, gebaseer op 12 resensies, wat dui 'n "middelmatige of gemengde" ontvangs.[4]
Haider Rifaat van The Express Tribune skryf: "Die skryfwerk is in 'n groot mate die krag van die program. Onberispelike dialoog, genuanseerde karakters en verhoudings, beide gebroke en ongedeerd, is 'n paar opwindende eienskappe wat dit boeiend maak. Om nie te praat nie van die ongelooflike toneelspel van Zellweger, wat die karakter van Anne onberispelik uitbeeld."[5] NPR se Linda Holmes sê dit is nie 'n goeie program nie, maar sy sonder Zellweger se spel uit.[6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ @seewhatsnext (23 April 2019). "Renee Zellweger, Jane Levy, and Blake Jenner star in @what_if, a dark and twisty new series from Revenge creator Mike Kelley" (Twiet) – via Twitter.
- ↑ Baldwin, Kristen (21 Mei 2019). "What/If is terrible and I can't wait to see more: EW review". Entertainment Weekly. Besoek op 23 Mei 2019.
- ↑ "What/If: Part 1 (2019)". Rotten Tomatoes. Besoek op 12 Januarie 2021.
- ↑ "What/If". Metacritic. Besoek op 12 Januarie 2021.
- ↑ "What/If: Defying the norms of conventional television – The Express Tribune Blog". blogs.tribune.com.pk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2019.
- ↑ Holmes, Linda (25 Mei 2019). "'What/If' You Were in Just the Right Mood for Some Good Bad Television?". NPR.
Skakels
[wysig | wysig bron]- What/If in die Internet-rolprentdatabasis
- What/If op Netflix
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.