Gaan na inhoud

Asynsuur

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

NaamAsynsuur 
Sistematiese naametanoësuur
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Image
Chemiese formule CH3COOH
Molêre massa60.05 g/mol
CAS-nommer64-19-7  
Voorkomskleurlose vloeistof  
Reukdrempel0,074 dpm
Fasegedrag
Smeltpunt 16.5 °C (289.6 ± 0.5 K)[1]
Kookpunt118.1 °C (391.2 ± 0.6 K)[1]
Digtheid1.049 g cm−3, vloeistof; 1.266 g cm−3, vastestof 
Mengbaarheidwater
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa4.76 by 25 °C

Veiligheid

Flitspunt43 °C

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Image Chemie

Asynsuur, ook bekend as etanoësuur, is 'n organiese chemiese verbinding, die meeste bekend vir die suur smaak in asyn en sy stekende reuk. Sy gekondenseerde struktuurformule word voorgestel as CH3COOH. Suiwer watervrye asynsuur is 'n kleurlose verbinding wat water uit die omgewing aantrek (higroskopies is), en benede 16,7 °C tot 'n kristal vries. Asynsuur is vretend en sy gas veroorsaak irritasie van die oë, 'n droog- en brandneus, 'n seer keel en vertering van die longe. Asynsuur word as 'n swak suur beskou omdat by standaard temperatuur en druk (STD) die gedissosieerde suur in ewewig is met die ongedissosieerde vorm in waterige oplossing, in teenstelling met sterk sure wat volledig gedissosieer is. Asynsuur is een van die eenvoudigste karboksielsure (die naaseenvoudigste ná mieresuur). Dit is 'n belangrike chemiese reagens en industriële chemikalie.

Vervaardiging

[wysig | wysig bron]

Asyn is tradisioneel uit wyn se alkohol verkry, maar daar is verskeie chemiese maniere om asynsuur te vervaardig en in die nywerheid word 'n paar daarvan toegepas. 'n Belangrike tussenproduk is asetaldehied wat met suurstof geoksideer kan word. Oplossings van asetaldehied wat 'n katalisator soos 0,5% mangaan-asetaat bevat, kan by 'n temperatuur van 55-80 °C en 5-6 Atm met die suurstof van die lug reageer volgens:[2]

Image
Die Monsanto-proses

Daar is nogtans ander prosesse soos die Monsanto-proses, wat uitgaan van metanol en koolstofmonoksied en 'n rodium-katalisator.

Voorbeeld: Bereken pH van suuroplossing

[wysig | wysig bron]

Bereken die pH van 'n 1.3 M oplossing van asynsuur (CH3COOH). (M staan vir mol/liter)

Ka = 1.8 × 105

In die algemeen:

           vir           

Antwoord

Die dissosiasie reaksie vir CH3COOH is die volgende:

Die verandering in konsentrasie van elke element word in die tabel hieronder gewys:

Beskrywing Reagens Produk 1 Produk 2
Algemene dissosiasiereaksie
Dissosiasiereaksie vir asynsuur
Begin konsentrasie [mol/liter]1.300
Verandering in konsentrasie [mol/liter]-xxx
Ewewigskonsentrasie [mol/liter]1.3-xxx

Vanaf die algemene definisie vir :

Die algemene oplossing vir 'n kwadratiese vergelyking is die volgende:

Indien waardes vervang word, word die volgende verkry:

Dus is:

Onthou dat

Dus

Alternatiewelik kan die aanname gemaak word dat baie kleiner as 1 is omdat dit 'n swak suur is (Ka is klein, dus dissosieer die suur baie min). Dus . Dus:

Dus:

Kyk ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 "NIST" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2004.
  2. Acetic Acid and its Derivatives. Chemical Industries Victor H. Agreda CRC Press, 1992, ISBN 0824787927, ISBN 9780824787929
C1C2 C3C4 C5C6
mieresuurasynsuurpropioonsuurbottersuurvaleriaansuurkaproësuur
C8C10 C12C14 C16C18 C20
kaprielsuurkapriensuurlouriensuurmiristiensuurpalmitiensuursteariensuuraragiensuur