Tuisblad
| Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word. |
|
| Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
| Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
|
Voorbladartikel
Betelgeuse (ˈbiːtəldʒuːz), ook bekend onder sy Bayer-naam, Alpha Orionis of α Ori, is gewoonlik die 10de helderste ster in die naglug en naas Rigel die helderste in die sterrebeeld Jagter (Orion). Dié rooi ster is ’n halfreëlmatige veranderlike ster waarvan die skynbare magnitude wissel tussen 0 en 1,6, die grootste wisseling van enige ster van die 1ste magnitude. Betelgeuse is die helderste ster in die naglug by naby-infrarooigolflengtes en het 'n radius van tussen 640 en 764 sonradiusse. As dit in die middel van die Sonnestelsel geleë was, sou sy oppervlak tot anderkant die asteroïedgordel gestrek het en sou dit Mercurius, Venus, Aarde en Mars verswelg het. Berekenings van Betelgeuse se massa wissel van net onder 10 tot 'n bietjie meer as 20 sonmassas. Sy absolute magnitude is sowat -6. Die ster is minder as 10 miljoen jaar oud en het vinnig ontwikkel vanweë sy groot massa. Sy evolusie sal na verwagting in 'n supernova eindig, waarskynlik binne 100 000 jaar. Wanneer Betelgeuse ontplof, sal dit langer as drie maande so helder soos die halfmaan skyn, maar die lewe op Aarde sal nie geraak word nie. Die dwaalster is gewerp uit sy ontstaanplek in die Orion OB1-assosiasie, wat die sterre in die Jagter se Gordel insluit, en beweeg teen tot 30 km/s deur die interstellêre medium. Dit skep 'n boegskok van meer as vier ligjare breed. Dit word ook omring deur 'n ingewikkelde, asimmetriese omhulsel van rofweg 250 keer die grootte van die ster, wat veroorsaak word deur massaverlies van die ster self. Betelgeuse is een van die hoekpunte van die Suidelike Halfrond se Somerdriehoek en is in die middel van ons Somerseshoek geleë. Van Oktober 2019 af het Betelgeuse merkbaar begin verdof en teen middel Februarie 2020 het sy helderheid met 'n faktor van sowat 3 afgeneem, van magnitude 0,5 tot 1,7. Daarna het dit tot 'n meer normale helderheidsomvang teruggekeer en in April 2023 sy hoogste sigbare magnitude van 0 bereik. Infrarooiwaarnemings het geen aansienlike verandering in helderheid oor die afgelope 50 jaar bespeur nie, en daarom word geglo die verdowwing was te wyte aan 'n verandering in die verstrooiing van stof en gas om die ster, eerder as 'n fundamentele verandering. 'n Studie met die Hubble-ruimteteleskoop het aangedui verduisterende stof is geskep deur 'n oppervlakmassauitwerping miljoene kilometers van die ster af, en dit het die verdowwing veroorsaak. Hoewel dit nie bevestig is nie, is daar bewyse dat Betelgeuse 'n dubbelster kan wees. Die metgeselster, Betelgeuse B of Siwarha, sal baie kleiner en dowwer as die rooisuperreus wees en wentel vermoedelik op 'n afstand van net 'n paar keer die grootte van Betelgeuse om die ster.
In die nuus
Het u geweet...
... dat Gladys Steyn die eerste vroulike advokaat in Suid-Afrika was?
Vandag in die geskiedenis
Voorbladbeeld
Skade aan residensiële geboue in die Rimal-woonbuurt van Gasa-stad, veroorsaak deur 'n Israeliese lugaanval op 9 Oktober 2023 tydens die Israel-Hamas-oorlog, twee dae ná die Hamas se grootskaalse aanval op Israeliese burgerlikes naby die Gasastrook.
|
Vind artikels
| |
|
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
|
Geskiedenis | ||
|
Kultuur | ||
|
Religie | ||
|
Samelewing | ||
|
Taal | ||
|
Tegnologie | ||
|
Wetenskap | ||
|
Wikipedia in ander tale
| ||
|
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
|
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
|
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
|
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
|
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
|
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
|
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris. |


