Gaan na inhoud

Goeree-Overflakkee

Goeree-Overflakkee

Goereê-Overflakkeê
Munisipaliteit
Landskap naby Dirksland
Landskap naby Dirksland
Vlag van Goeree-Overflakkee
Vlag
Wapen van Goeree-Overflakkee
Wapen
Ligging van Goeree-Overflakkee in Zuid-Holland-provinsie
Ligging van Goeree-Overflakkee in Zuid-Holland-provinsie
Kaart van Goeree-Overflakkee-munisipaliteit
Kaart van Goeree-Overflakkee-munisipaliteit
Koördinate: 51°45′N 4°10′O / 51.750°N 4.167°O / 51.750; 4.167
LandVlag van Nederland Nederland
ProvinsieImage Zuid-Holland
Stigting1 Januarie 2013
Regering
  BurgemeesterAda Grootenboer-Dubbelman (CDA)
Oppervlak
  Totaal422,35 km2 (163,07 vk. myl)
  Land260,48 km2 (100,57 vk. myl)
  Water161,87 km2 (62,50 vk. myl)
Hoogte
0,5 m (1,6 ft)
Bevolking
  Totaal51 044
  Digtheid196/km2 (510/vk. myl)
 1 Januarie 2022
TydsoneUTC+1 (IST)
  SomertydUTC+2 (IDT)
Poskode
3241–3258
Skakelkodes0187
Bestuurlike sentrumMiddelharnis
Webwerfwww.goeree-overflakkee.nl
Image
Isaak Tirion se kaart (1748) van Goeree-Overflakkee, aangedui op linkerhand tot in die beeldmidde
Image
Die Ouddorpse duine

Goeree-Overflakkee (Seeus: Goereê-Overflakkeê) is 'n munisipaliteit en 'n eiland in die heel suide van die Nederlandse provinsie Zuid-Holland. Dit het 'n oppervlakte van sowat 422 km², en het in 2022 'n bevolking van sowat 51 000 gehad. Die saamgestelde naam is aan die tydsame samegroeiing van twee eilande te danke.

Goeree-Overflakkee is hoofsaaklik deur die voormalige eilande Goeree (ook Westvoorn genoem) in die weste en die meer omvangryke Overflakkee (ook Flakkee genoem) in die oostelike binneland gevorm. Die munisipaliteit het in 2013 na 'n proses van munisipale herorganisasie deur die saamvoeging van die munisipaliteite Dirksland, Goedereede, Middelharnis en Oostflakkee tot stand gekom.

Goeree-Overflakkee word deur die volgende waters omsluit: die Noordsee en Slijkgat in die noordweste, die Haringvliet (of Haringstroom) in die noordooste, die Hellegat, Volkerak en Krammer in die suidooste en die Grevelingenmeer in die suidweste. Die eiland word tans deur etlike damme met die Hoekske Waard en Voorne-Putten in die noorde, Skouwen-Duveland in die suide, en die vasteland van Noord-Brabant in die ooste verbind.

Op hierdie eiland word 'n Seeuse dialek gepraat, ten spyte van die lang tradisie van administratiewe bande met Holland. Die bevolking is grootliks streng Christelik. Ouddorp, bekend om sy duine, en Stellendam is bekende vissersdorpies. Die hoofstad is Middelharnis, en die grootste woongebied is die saamgesmelte Middelharnis en Sommelsdijk. Ander plekke is Dirksland en Oude-Tonge.

Plekke

[wysig | wysig bron]

Stad:

  • Goedereede

Dorpies:

  • Achthuizen
  • Den Bommel
  • Dirksland
  • Havenhoofd
  • Herkingen
  • Melissant
  • Middelharnis

  • Nieuwe-Tonge
  • Ooltgensplaat
  • Ouddorp
  • Oude-Tonge
  • Sommelsdijk
  • Stad aan 't Haringvliet
  • Stellendam

Gehuggies:

  • Battenoord
  • Klarebeek
  • Kranendijk

  • Langstraat
  • Oostdijk
  • Zuidzijde

Munisipale raad

[wysig | wysig bron]

Verkiesings sedert 2013:

Party Setels
2013 2018 2022
Vitale Kernen Goeree Overflakkee (VKGO) 3 6 7
SGP 9 7 7
CDA 3 4 6
Groep Jan Zwerus ¹ 1 4
VVD 4 3 2
CU 4 3 2
PvdA 4 3 2
D66 0 1
Eiland van Vrijheid (EVV) 1 2
Goeree Overflakkee Samen (GOS) 1 0
Totaal 29 29 31

¹ In 2018 Blanco lijst 10.

Naburige munisipaliteite

[wysig | wysig bron]
Voorne aan Zee Nissewaard Hoeksche Waard
Image Moerdijk (NB)
Schouwen-Duiveland (ZE) Tholen (ZE), Steenbergen (NB)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]