Gaan na inhoud

Segue 2

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Segue 2[1]
Soort stelselElliptiese dwergsterrestelsel
SterrebeeldRam
TipedSph
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming02h 19m 16s[1]
Deklinasie20° 10 31[1]
Skynmagnitude15,2 ± 0,2
Besonderhede
Afstand (ligjaar)114 000
Skynbare grootte 6,8+0,40,4
Ander namePGC 4713565
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Segue 2 is 'n elliptiese dwergsterrestelsel in die Ram wat deur die Digitale Sloan-lugopname ontdek is.[2] Dit is sowat 114 000 ligjare van die Son af geleë en beweeg teen 'n snelheid van sowat 40 km/s in die rigting van die Son.

Die naam kom van die feit dat dit deur die SEGUE-program (die Sloan Extension for Galactic Understanding and Exploration) ontdek is.

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

Segue 2 is een van die kleinste en dofste satelliete van die Melkweg – dit is sowat 800 keer so helder soos die Son,[2] wat minder as die helderheid van baie bolswerms is.[2]

Die sterrestelsel bestaan hoofsaaklik uit ou sterre wat meer as 12 miljard jaar gelede gevorm het. Die metaalinhoud van sulke sterre is baie laag (Fe/H < -2), wat beteken hulle bevat minstens 100 keer minder metale as die Son. Die sterre van Segue 2 was moontlik onder die eerstes wat in die heelal gevorm het. Daar is tans geen stervorming meer in die stelsel nie.

Segue 2 is naby die kant van die Sagittarius-stroom gelë en is ewe ver van die Son af. Dit was dalk eens 'n satelliet of bolswerm van die Sagittarius- Elliptiese Dwergsterrestelsel.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 3 "NAME Segue 2". SIMBAD. Centre de données astronomiques de Strasbourg. Besoek op 24 Augustus 2016.
  2. 1 2 3 Belokurov, V.; Zucker, D. B.; Evans, N. W.; Kleyna, J. T.; Koposov, S.; Hodgkin, S. T.; Irwin, M. J.; Gilmore, G.; Wilkinson, M. I.; Fellhauer, M.; Bramich, D. M.; Hewett, P. C.; Vidrih, S.; De Jong, J. T. A.; Smith, J. A.; Rix, H. -W.; Bell, E. F.; Wyse, R. F. G.; Newberg, H. J.; Mayeur, P. A.; Yanny, B.; Rockosi, C. M.; Gnedin, O. Y.; Schneider, D. P.; Beers, T. C.; Barentine, J. C.; Brewington, H.; Brinkmann, J.; Harvanek, M.; Kleinman, S. J. (2007). "Cats and Dogs, Hair and a Hero: A Quintet of New Milky Way Companions". The Astrophysical Journal. 654 (2): 897–906. arXiv:astro-ph/0608448. Bibcode:2007ApJ...654..897B. doi:10.1086/509718. S2CID 18617277.

Skakels

[wysig | wysig bron]