Afrikaanse Taalfees op 9 Mei 2026

Image

Saamgestel deur Charles Human en Mar’c Scholtz Geproeflees deur Dr. Francois Smith Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur se Ministeriële geleentheid ter viering van die honderd jaar van Afrikaans as amptelike taal het plaasgevind op Saterdag 9 Mei 2026 by die Oorlogsmuseum te Bloemfontein. Die geleentheid is geopen deur die Minister van Sport, Kuns […]

Afrikaans tussen erfenis en toekoms

Image

By Roné Wierenga en Prof Terrence Carney By die 30-jarige viering van Suid-Afrika se demokratiese Grondwet, kan die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad terugkyk oor ’n komplekse verlede, en ook uitsien na ’n opwindende toekoms. Afrikaans is reeds vir meer as ’n honderd jaar een van Suid-Afrika se amptelike tale en is vandag steeds ’n lewenskragtige, wydverspreide en […]

Google en PanSAT stel KI-woordelys in isiZulu, isiXhosa en Afrikaans bekend

Image

Johannesburg, 15 Oktober 2025 – Google, in vennootskap met die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT), het ’n nuwe KI-woordelys vir isiZulu, isiXhosa en Afrikaans vrygestel. Hierdeur kry miljoene Suid-Afrikaners nou die taalhulpbronne om in hul moedertaal met kunsmatige intelligensie te werk. Die bekendstelling het plaasgevind by Google Suid-Afrika se kantore in Johannesburg, waar verteenwoordigers van die Pan-Suid-Afrikaanse […]

OPROEP OM NOMINASIES VAN LEDE VAN DIE PUBLIEK OM OP DIE RADE VAN DIREKTEURS VAN NASIONALE LEKSIKOGRAFIESE EENHEDE TE DIEN

Image

Die Wet op die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (Wet Nr. 59 van 1995, soos gewysig), in artikel 8(8)(c), laat PanSAT toe om Nasionale Leksikografiese Eenhede (NLE’e) te vestig om ‘n samevattende eentalige woordeboek vir elke amptelike taal te ontwikkel. Die NLE’e bevorder taalontwikkeling deur die samestelling van woordeboeke en ander verwante produkte in die amptelike taal […]

OPROEP OM NOMINASIES VAN LEDE VAN DIE PUBLIEK OM TE DIEN OP NASIONALE TAALLIGGAME (NTL’e)

Image

Die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) nooi hiermee lede van die publiek, verkieslik geassossieerd met akademiese-, kulturele-, tradisionele-, en gemeenskapsgebaseerde organisasies of – instellings, met ‘n belang in tale om individue te benoem vir oorweging vir aanstelling in PanSAT se Nasionale Taalliggame (NTL’e) vir die amptelike tale (Sesotho sa Leboa, Sesotho, Setswana, Siswati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, […]