Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Sondag, 28 Junie 2026
Hier is tans 129 587 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Image

Image
Voorbladartikel

Infrarooi (IR, soms genoem infrarooilig of infrarooistraling) is elektromagnetiese straling met langer golflengtes as dié van sigbare lig, maar korter as dié van mikrogolwe. Dit begin by die golwe wat langer is as dié van rooi lig (die langste golwe in die sigbare spektrum) en is dus onsigbaar vir die menslike oog. Hierdie reeks golflengtes stem ooreen met ’n reeks frekwensies van sowat 667 nanometer (449 THz) tot 1 millimeter (300 GHz).

IR word gewoonlik verdeel in termiese IR, met langer golflengtes wat deur aardbronne uitgestraal word, en korter IR of naby-IR, deel van die sonspektrum. Feitlik alle swartstraler-straling van voorwerpe naby kamertemperatuur is in die IR-band. As deel van die magnetiese spektrum het IR energie en momentum, oefen dit stralingsdruk uit en het dit eienkappe van beide 'n golf en 'n subatomiese deeltjie, die foton.

Dit was al lank bekend dat vuur onsigbare hitte uitstraal, maar in 1681 het Edme Mariotte getoon dat glas, hoewel sonlig daardeur skyn, stralingshitte blokkeer. In 1800 het die sterrekundige sir William Herschel ontdek infrarooistraling is 'n soort onsigbare straling in die spektrum met minder energie as rooi lig, deur middel van die uitwerking daarvan op 'n termometer. Deur Herschel se studie is eindelik bevind net meer as die helfte van die Son se energie bereik die Aarde in die vorm van infrarooistraling. Die balans tussen geabsorbeerde en uitgestraalde infrarooi het ’n uiters belangrike uitwerking op die Aarde se klimaat.

Infrarooistraling word gebruik in nywerheids-, wetenskaplike, militêre, handels- en mediese toepassings. Nagsigtoestelle gebruik aktiewe naby-infrarooi beligting om diere en mense waar te neem sonder dat die waarnemer gesien kan word. Infrarooisterrekunde gebruik teleskope wat met sensors toegerus is om deur stowwerige streke in die ruimte soos molekulêre wolke te sien, om voorwerpe soos planete te bespeur en om voorwerpe met groot rooiverskuiwing uit die vroeë dae van die heelal te sien.

Infrarooikameras vir termiese foto's word gebruik om hitteverlies in geïsoleerde stelsels te bespeur, om veranderde bloedvloei in die vel te sien, om te help met brandbestryding en om oorverhitting van elektriese komponente te bespeur.

Militêre en burgerlike toepassings sluit in nagsig, om missiele hulle teiken te help tref en opsporing. Niemilitêre toepassings sluit in die ontleding van termiese doeltreffendheid, die monitering van die omgewing, die inspeksie van nywerheidsgeriewe, draadlose kommunikasie en weervoorspelling.

...lees verder

Image

Image
In die nuus
Keir Starmer in 2024
Keir Starmer in 2024

Image

Image
Het u geweet...
... dat die Deense wiskundige Piet Hein 'n superellipsvorm gebruik het om die Sergels Torg-verkeersirkel in Stockholm, Swede te ontwerp?

... dat Hattie McDaniel die eerste Afro-Amerikaner is wat 'n Oscar gewen het?

... dat die Groot en die Klein Magellaanse Wolk na Ferdinand Magellaan vernoem is, maar dat Al Soefi dit reeds meer as 500 jaar voor hom opgeteken het? Hy verwys daarna in sy "Boek van sterre" wat uit 964 dateer.

Image
... dat Suid-Afrika Finland in 1939 bygestaan het in die Winteroorlog? Verskeie lande het Finland bygestaan en Suid-Afrika het 29 Gloster Gauntlet-vliegtuie geskenk.

... dat Manfred von Richthofen, die Duitse vegvlieënier wat ook as die Rooi Baron bekend gestaan het, tydens die Eerste Wêreldoorlog tot 80 vyandelike vliegtuie afgeskiet het?

Image

Image
Vandag in die geskiedenis

28 Junie: Grondwetdag in Oekraïne (1996).

Die ondertekeningseremonie van die Verdrag van Versailles in die spieëlsaal van die Kasteel van Versailles.
Die ondertekeningseremonie van die Verdrag van Versailles in die spieëlsaal van die Kasteel van Versailles.

Image

Image
Voorbladbeeld
'n Uitsig oor die Italiaanse stad Florence teen sononder.
Image
Vind artikels
Image

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Image
Wikipedia in ander tale
Image
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Image
Susterprojekte
Image
Image Commons
Vrye media
Image Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Image Wikinews
Vrye nuusbron
Image Wikisource
Die vrye biblioteek
Image Wikibooks
Vrye boeke
Image Wikiquote
Aanhalings
Image Wikispecies
Spesie-indeks
Image Meta-Wiki
Projekkoördinering